Ons vat die laaste stap tot waar
die aarde homself vereenagsaam met leegheid.
Die rand van my mond raak koud
en kraak van droogheid soos die stof van my laaste asem my lyf insnak.
Wie gaan saam met my aan die
tafel sit en my laaste etes deel.
Wie gaan my hand vat wanneer die ouderdoms
pyne my stadig na die dood toe lei.
Maar dis die wonderbaarlikheid
daarvan my lief.
My lyf of joune sal die kors van
hierdie aarde vul, maar onbevragend nie tegelyktydig nie.
Ek sien jou hande bewe my lief,
my geliefde… my verliefde.
Maar vat hierdie pil. Hy wat so onrustig in my palm
le.
Sluk dit.
Geniet die uitsig van ons garage
deur en die gasse wat jou longe vul.
Ons hoef nie bang te wees vir
die onbekende.
Ons hoef nie bang te wees vir die verlange,
want Annabelle my skat, ons vaar
saam uit hierdie wereld.
Ons verkul die grepende hande
van alleenheid.
No comments:
Post a Comment