Monday 30 April 2012

Laaste Dae


Ons vat die laaste stap tot waar die aarde homself vereenagsaam met leegheid. 

Die rand van my mond raak koud en kraak van droogheid soos die stof van my laaste asem my lyf insnak.

Wie gaan saam met my aan die tafel sit en my laaste etes deel. 

Wie gaan my hand vat wanneer die ouderdoms pyne my stadig na die dood toe lei.

Maar dis die wonderbaarlikheid daarvan my lief.

My lyf of joune sal die kors van hierdie aarde vul, maar onbevragend nie tegelyktydig nie.

Een van ons siele sal die wereld en sy swepende slagte van droefheid alleen aandurf.

Ek sien jou hande bewe my lief, my geliefde… my verliefde. 

Maar vat hierdie pil. Hy wat so onrustig in my palm le.

Sluk dit.

Geniet die uitsig van ons garage deur en die gasse wat jou longe vul.

Ons hoef nie bang te wees vir die onbekende.

Ons hoef nie bang te wees vir die verlange, 

want Annabelle my skat, ons vaar saam uit hierdie wereld.

Ons verkul die grepende hande van alleenheid.


No comments:

Post a Comment

Translate

Archive