Monday 30 April 2012

Waar Ek Myself Bevind

Dis ‘n blok klip
Niks meer as net uitgekerf
Dis waar ek myself bevind



Die hoeke
Skree van leegheid
Net die oorblyfsels van a bakkie kos
Wat die holte versier

Koud en nat
Is wat my verdoofde lyf voel
Oe van die ander sondaers
peusel aan my gemoed

Die verbystap
Die man met die sleutels
Skop my hart
Hy's hier vir my

‘n Ewige skoolklok
Ek wag vir sy klank
maar onbelowend
stap die man verby

2de aand breuk aan
Dit nooit sien kom nie
elke minuut
‘n Ewigheid

My kop brand
Die warrelende gedagtes van gister
My kop bars
Die warrelende gedagtes van more

Dis net ek 

‘n Koue, nat, blok klip
Niks meer as net uitgekerf
Dis waar ek myself bevind



No comments:

Post a Comment

Translate

Archive